
Verskeie bekendes in die vermaaklikheidsbedryf het hierdie week (15 Nov ’22) ’n eksklusiewe glansgeleentheid in Pretoria vir die opening van die unieke opname-ateljee genaamd Son Studios bygewoon.
Bekende gaste by Dinsdagaand se opening was onder andere Amold Coleske, Dodo Nyoka (Die Kontrak 2), Corlea, Rita Li, Kirsten Richard (Droomsindroom), Sue Pyler, Jemma Catherine, Mack Rapapali en vele meer. Gaste is getrakteer met ’n aand vol opwinding en het behoorlik op sosiale media gegons.
Dié ateljee, wat beloof om binnekort die bonsende hartklop van Pretoria te wees, is die alternatiewe sanger, Zaan Sonnekus, en die veelsydige musikant, Tristan Adamson, se breinkind. “Ek is opgewonde om my passie te kan deel en ‘n plek vir mede-kunstenaars te bied waar hulle kan veilig voel om kreatief te wees en hul eie liefde vir musiek te kan uitleef,” het Zaan opgewonde gesê.
Zaan is die mede-eienaar van dié ateljee en ook bekend as een van Suid-Afrika se gunsteling rockers. Zaan is gebore en getoë in Bloemfontein en is saam met Tristan ook die mede-eienaars van Inner Ink. Inner Ink vervaardig verharde glas op industriële vlak en doen keramiek drukkwerk daarop.
Met sy aangrypende poëtiese lirieke, unieke klank en passievolle verhoogteenwoordigheid, het dié Suid-Afrikaanse rocksensasie ook by die bekendstelling vir ‘n spesiale vertoning opgetree. Die modeme, unieke Son Studios is in die ooste van Pretoria geleë en kyk uit oor Menlyn Maine.
Son Studios is in 2017 gestig nadat Zaan en sy swaer, Nathan Jean Mowatt, tot die besef gekom het dat daar geen werklike “oefenruimte” vir musikante en kunstenaars in Pretoria is nie. Die projek het egter doodgeloop met die aanvang van Covd-19 en ‘n stille dood gesterf. Na Covid het Zaan en Tristan – oud Affies skoolmaats – die projek opnuut aangepak en met baie entoesiasme en harde werk dit uit die as verwek. Na byna 20 maande se swoeg en sweet, wat oor die laaste 5 maande skeppende ombouings en aanbouings aan die infrastruktuur insluit, is die resultaat ‘n indrukwekkende opname-ateljee met ‘n belowende toekoms.